Copy
Augustus 2019  |  Sien aanlyn

Opwindende Nuus


Ons was die afgelope tyd besig agter die skerms om die SCAS storie te verfyn. Ons is opgewonde om ons nuwe visuele identiteit met julle te deel in die komende maand - volg die vordering op ons verskeie kanale!


OMLANGSE UITREIK

2019 Craven Week


SCAS het die geleentheid gehad om ‘chaperones’ by elk van die 46 spanne te plaas tydens die 18 Craven & Academy Week in Bloemfontein. Dit was 'n wonderlike voorreg om die 1380 spelers en afrigters van suidelike afrika te dien en te bedien. Na drie dae van toerusting is die chaperones strategies by 'n span geplaas op grond van waar hulle vandaan kom. Hulle het SCAS-huddles met hul spanne begin en sal hopelik daarmee voortgaan as hulle terugkeer huis toe.

Ons gebed vir die toernooi was dat God vir ons deure sal oopmaak om die evangelie met die spelers en afrigters te deel. Dit het op 'n wonderlike manier gebeur. Die spanne is Sondagaand voor die aanvang van die toernooi na 'n erediens genooi, waar meer as 600 spelers hul lewens aan God toegewy het. Gedurende die week het ons chaperones dit opgevolg met Bybelstudies sowel as een-tot-een gesprekke.

Ons is baie dankbaar vir al die chaperones wat tyd opgeoffer het om as vrywilligers toegerus te word om gedurende die Cravenweek te dien. Die manier waarop die chaperones met mekaar saamgewerk het, was ‘n wonderlike voorbeeld vir die spelers en hulle spanne. Baie dankie aan elkeen van julle, ons is baie trots op julle, julle het met onderskeiding gedien! ry proud of you, you served with distinction!

 

"CHAPERONE" ERVARING

Dit is wat sommige van ons chaperones gesê het oor hul ervaring met SCAS



“Elke keer as ek deel is van SCAS-uitreike is die net ‘mind-blowing’. As ek dink dat ek net daar is om te gee en te dien, verras God my altyd deur wat ek ontvang - niks tasbaars nie, maar 'n selfvertroue om in Hom te spog.”

- Siphosethu Magqadaza
“My hoogtepunt was dat ek kon waarneem hoe 'n span wat uit verskillende individue van verskillende skole, demografiese agtergronde en kulture kom, in die naam van Christus en in rugby ‘n hegte eenheid kan vorm. God het my die geleentheid gegee om iets van SCAS en van 23 skoolseuns te leer. Hieruit het ek geleer om meer oopkop te wees en mense te help sonder om iets terug te verwag.”

- Sven Benson

Stel jy belang om ´n "chaperone" te word?

Kontak ons by christo@scas.co.za


KALENDER

Opkomende Hoogtepunte

September – November 2019
Verskeie toerustings geleenthede vir vrywilligers en Bal projek uitreike.

January-March 2020
Verskeie toerustings geleenthede vir vrywilligers en Bal projek uitreike.

13-15 December 2019
Kaapstad Sevens Rugby – geleentheid vir vrywilligers om op te tree as chaperones.

5-13 April 2020
Kearsney Rugby toernooi in Durban.

20-25 March 2020
Geleentheid vir vrywilligers om op te tree as chaperones by:

1. Wêreld Skole Rugby toernooi  in Pretoria (mans); 
2. Drostdy Sport week in Worcester (mans en vroue); 
3. SA Kampioenskappe vir Liggaamlik Gestremdes in Port Elizabeth (mans en vroue)

Facebook
Website
Email
Instagram
Wil u graag die nuusbrief in Engels ontvang? Kliek hier om die besonderhede te verander.

Nie winsgewende organisasie NPO: 1990/06355/08 PBO: 930012317
Die Eiland, Jonkershoek Pad, Stellenbosch

+27 (0) 21 866 1433 | christo@scas.co.za

Direkteure: Ds. Cassie Carstens, Faffa Knoetze, Herman Mostert, Pieter Kloppers, Natale Roelofse, Dr. Christian P Lodewyk, Nkosinathi Sixabayi, Dawie Snyman, Joseph Jacobs, Coenie De Villiers






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
SCAS · Office@scas.co.za · Stellenbosch, Western Cape 7602 · South Africa